Turbowaaiermotor

'n Turbowaaier: A. Eerste as (laedrukgedeelte) B. Tweede as (hoogdrukgedeelte) C. Statiese komponente 1. Inlaatmeganisme 2. Waaier 3. Laedrukkompressor 4. Hoëdrukkompressor 5. Verbrandingskamer 6. Hoëdrukturbine 7. Laedrukturbine 8. Kern spuitpunte 9. Uitgangspuitstuk
Turbowaaier van 'n Boeing 747
Beginselskets van 'n turbowaaiermotor

'n Turbowaaier is 'n vliegtuigmotor geskik vir gemiddelde snelhede. 'n Turbowaaier is 'n relatief stil straalmotor met 'n hoë rendement.

Aangesien 'n skroefmotor 'n beter vliegtuigmotor is by lae snelhede en 'n straalmotor beter is by hoë snelhede, is die logiese oplossing dat vir gemiddelde snelhede 'n soort kruising van die twee tipes die beste sal wees. Dit kruising is die turbowaaier motortipe. Turbowaaiers is 'n soort straalmotor waarby die kompressor in die motor sodanig vergroot is dat hy 'n soort skroef in 'n ring geword het, en die lug sowel deur, as langs die verbrandingskamer verbyvloei.

'n Turbowaaier bestaan dus eintlik uit twee buise in mekaar. Die binnenste buis is in beginsel 'n straalmotor, en die buitenste buis gedra ditself as 'n buis met 'n skroef binne-in. Dit buitenste buis word ook die omloopbaan genoem.

In die praktyk blyk dié motor tipe die beste te wees vir snelhede van 400 tot 1000 km/h. Daarmee is dié motortipe verreweg die mees gewilde vliegtuigmotor vir passasierstralers.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search